Agtien miljoen toeriste vir Griekeland

Griekeland het in 2013 ‘n rekord aantal toeriste gelok. Dit het aan die land ‘n welkome handelsurplus van €1.24-miljard vir die jaar gegee.

Toerisme is die grootste inkomste verdiener vir Griekeland en het vir 2013 ‘n inkomste van €12-miljard verdien met meer as 17-miljoen toeriste wat die land besoek het.

Werkloosheid bly steeds die land se grootste kopseer en staan op 28% wat een van die hoogste in die Europese Unie is. Die verwagte ekonomiese groeikoers vir 2014 word op 0.6% beraam. Daar word verwag dat ongeveer 18-miljoen toeriste die land in 2014 sal besoek.