Aanval op Derby-Lewis en Walus glo deur versteurde

Volgens bevestigde berigte was Clive Derby-Lewis en Janusz Walus besig om te stap toe hulle van agter af deur ‘n swart gevangene met ‘n skerp gemaakte lepel aangeval is. Die aanvaller het hulle in die kop gesteek en probeer om hulle ernstig te beseer.

Tydens die aanvalproses het die swarte probeer om vir Clive Derby-Lewis in die bors te steek. Die 77-jarige Derby-Lewis het homself met sy arm beskerm en steekwonde in sy arm opgedoen.

Die gevangenis woordvoerder het verskoning aangebied met die belofte dat alle moontlike mediese bystand verleen sal word. Die verskoning vir die aanval is dat die aggressor sogenaamd geestelik onstabiel was omdat sy dwelms nie beskikbaar was nie.

Dit herinner aan die verskoning wat aangevoer was vir die moordenaar, Dimitri Tsafendas, op dr. H F Verwoerd sodat hy nie vir sy dade verantwoording sou doen nie. Die aanval in die gevangenis word glo ondersoek.

Clive Derby-Lewis moes lankal vrygelaat gewees het weens die lewenslange 20 jaar wat hy met goeie gedrag uitgedien het. Sy gesondheidstoestand en ouderdom is ook van so ‘n aard dat enige owerheid om menslike redes hom lankal moes vrygelaat het, veral omdat swartes daardie voorreg gebied word.

Dit is op rekord dat ‘n senior ANC persoon by geleentheid gesê het dat Clive Derby-Lewis nooit vrygelaat sal word nie en dat hy in die tronk sal “verrot”.

Clive Derby-Lewis is skuldig bevind dat hy ‘n vuurwapen voorsien het waarmee die leier van die S.A. Kommunistiese Party, Chris Hani, geskiet was. Die land situasie tydens die voorval was hoogs emosioneel met die ANC leiers, en veral sy kommunistiese bondgenote, wat tydens openbare byeenkomste gesing het dat die Boere uitgemoor moes word.