Aanval op Clive-Derby Lewis stink

Die gewelddadige aanval op Clive Derby-Lewis en Walus deur ’n sogenaamde versteurde, is maar ’n verhaal met ’n slegte reuk.

Dit is die mening van ’n politieke analis, Jan de Beer, van Pretoria wat sy mening oor die aangeleentheid met Die Vryburger deel.

Hy is van mening dat die aanval moontlik doelbewus deur die swarte beplan is met die doel om minstens vir Clive Derby- Lewis om die lewe te bring.

Die man was duidelik nie versteurd toe hy die lepel skerp gemaak het nie, ook nie toe hy hom ten doel gestel het om die daad te pleeg nie, en veral omdat hy probeer het om Derby-Lewis in die bors te steek met die skerp voorwerp.

Die vraag wat De beer vra is, wie sit dalk werklik agter die hele aanval.

Is die daad dalk beplan omdat daar geen redes meer aangevoer kan word waarom Derby-Lewis nie vrygelaat moet word nie, en nou word ’n tweede plan beraam om seker te maak dat Derby-Lewis wel “verrot” in die tronk, soos wat daar reeds tydens ’n parool-aansoek na sy vrylating verwys is?

Die versteurdheid skep die indruk van ’n mantel wat gebruik word deur iemand wat wou sien dat Lewis om die lewe gebring word.

De Beer sê die moontlikheid bestaan ook dat die swarte reeds maande, of selfs baie langer, homself as versteurde voordoen met die doel om die moord te pleeg sonder enige vrees vir vêrdere vervolging.

Op ’n vraag wat hy sou aanbeveel, nou gedoen kan word om die saak reg te stel, het hy ondubbelsinnig gesê:

“Lewis moet vrygelaat word, en die sogenaamde versteurde moet vir ondersoeke deur onafhanklike kundiges beoordeel word, waarna hy heel waarskynlik verder vervolg kan word vir poging tot moord”.

“Dit is immers duidelik dat die aanvaller nie ’n versteurde is nie, want as dit so was, waarom verkeer hy in ’n gewone tronk?, het mnr. De Beer gevra.