3L Zuma – sukses met korrupsie

Pres. Zuma het homself en die regering op die skouer geklop oor die sukses wat bereik is met die bekamping van korrupsie.

Die gewraakte uitlating het die Cope opposisieparty skerp laat reageer, en gesê hy praat oor korrupsie terwyl hy self nog die heeltyd misbruik maak van die staat se hulpbronne om homself uit die hof te hou.

In sy tierende uitbarsting teen die president, sê Mosiuoa Lekota dat, Ace Magashule die Vrystaatse premier, naby die president sit terwyl sy ’n hele ry korrupsieklagtes in die gesig staar.

’n Politieke ontleder sê dit is merkwaardig dat gerugte die wêreld ingedra word oor Suid-Afrika waarskynlik die land met die grootste korrupsie-probleem is, maar die president roem oor sukses wat bereik is.