Raar diamant in SA gemyn

‘n Raar blou diamant is in Cullinan, naby Pretoria gemyn. Daar word bereken dat dit die helderste blou diamant is wat nog ontdek is.

Die steen is nog onderhewig aan verdere forensiese toetse, maar blyk reeds "iets spesiaal" te wees.

Die diamant is in dieselfde myn gevind as die bekende "Ster van Afrika" wat in die Engelse koningin se septer is.

Die verwagting is dat die diamant rekords kan breek in terme van helderheid en prys. ‘n Prys van sowat £10 miljoen is voorlopig op die steen geplaas, hoewel die eienaars van die steen Petra Diamante sê dat die waarde van die steen sal slegs deur ‘n aanbod bepaal kan word.

Blou diamante is baie gesog, nie net omdat hulle so mooi is nie, maar ook is dit van die raarste diamante.

Slegs 0.1% van alle diamante wat wêreldwyd gemyn word, val in hierdie kategorie. Petra Diamante het slegs blou diamante gevind sedert hulle die myn in 2008 oorgeneem het.