Dakar tydren 2014 – Motors

Aan die einde  verlede week se vyfde skof, het die Suid-Afrikaner Giniel de Villiers en sy spanmaat, Dirk von Zitzewitz in ’n Toyota Hilux  in die tweede plek geëindig. Algeheel is hulle in die derde plek.

Ongelukkig het die ander Suid-Afrikaners, Leeroy Pulter en sy spanmaat probleme ondervind maar hulle het intussen  opgeskuif na die 30ste plek. Die renjaers bestuur onder baie moeilike omstandighede. Die temperatuur het verlede week tot so hoog as 47 grade gestyg.

Saterdag was ’n rusdag het die renjaers die geleentheid gehad om hulle voertuie te laat versien en te herstel. Sondag het die tydren dus afgeskop met voertuie wat bykans nie herkenbaar was nie. Die nodige herstelwerk en in sommige gevalle is die verfwerk selfs oorgedoen en het die voertuie dus met ’n ander “baadjie”, hul verskyning gemaak.

Sondag se skof is deur Carlos Sainz gewen en die sewende skof, Maandag, vind oor ’n gedeelte van die Andez gebergte plaas. Tans oorheers die Mini’s die tydren in die motor afdeling en die Suid-Afrikaans geboude Ford Ranger wat aanvanklik probleme ondervind het, verkeer in die 40ste posisie.

Riaan van Niekerk die Suid-Afrikaner in die motorfiets span het sy teenstanders se oë laat rek met die sukses wat hy behaal want hy verkeer tans in die 13de plek. Eintlik word hy beskou as onervare en daarom is sy sukses tot dusver van hoogstaande gehalte.

Die laaste vyf dae van die tydren is die moeilikste en dit gaan baie interessant wees om te sien wat die uitslag is.