Zuma se droogtehulp

Pres. Jacob Zuma van Suid-Afrika het die boere van die buurstaat Namibië ’n bedrag van R100 miljoen beloof aan droogtehulp.

Die inligting word gerieflik verswyg te midde van die geweldige droogte wat in Suid-Afrika heers.

Drooggeteisterde dele van die Vrystaat, die Noord-Kaap en Wes-Transvaal is ook verder geteister deur reuse veldbrande.

Uit geen regeringsoord is daar enige sprake van droogtehulp nie, maar die president speel Kersvader in ander lande in grootdoenerigheid, maar vergeet sy eie land, het een woordvoerder van ’n Landbouorganisasie gesê.

Die Minister van Landbou, Tina Joemat-Patterson is self ook swygend oor die hulp aan Namibië, en nog stiller oor moontlike hulp aan plaaslike boere.