Zuma sê land is nie korrup nie

Die veelbesproke “vliegtuig koste” van parlementariërs na en van die Kaap het in die vorige boekjaar byna R107,3 miljoen bedra.

Daar is 454 parlementslede, dus is dit gemiddeld R236,281 per parlementslid.

Die bedrag sluit reise na en van hul kiesafdelings in, asook reise wat vir portefeuljekomitees se oorsigrol onderneem is.

Selfs al skuif die parlement sal dié bedrag nie gespaar word nie, want LP’s sal moet reis na hulle kiesafdelings vanaf watter stad ookal die parlement huisves.

Van parlementslede word verwag om oor naweke en op Maandae in hul kiesafdelings te wees, sodat hulle nie tred verloor met hul kiesers nie.

In die vorige boekjaar wat op 31 Maart vanjaar geëindig het, is R86,670,989.94 bestee aan vlugte na en van die kiesafdelings, en R20,600,600.60 aan oorsigbesoeke se vlugte.

Sedert 1 April vanjaar is R48,269,356,85 bestee aan vlugte na en van kiesafdelings en R14,515,919.63 aan oorsig-besoeke.