Yankees swig voor Duitse woede

Die omstredenheid rondom die afluister-spioenasie van Obama se agente het uiteindelik daartoe gelei dat ’n Duitse afvaardiging die VSA besoek het.

Dit het tot gevolg dat die Minister van Buitelandse Sake, John Kerry,  gedwing is om te erken hulle hopeloos te vêr gegaan het met hulle spioenasie.

Kerry het aanvanklik probeer wegkom met ’n flou verskoning dat sy nie meer “afgeluister” word nie.

Dit het die Duitsers se woede ontketen en uiteindelik tot direkte konfrontasie met die Obama-regering gelei.

Kerry het in ’n verklaring gesê dat daar “in sommige gevalle” te vêr gegaan is en dat dit onvanpas was.

Politieke waarnemers is van mening dat Duitse staatsmanskap weereens getoon het dat hulle onberispelik en netjies optree, maar ook baie ferm is wanneer die Bondskanselier ter sprake is.

Kenners meen dat die erkenning en die Duitsers se oorwinnende besoek aan die VSA, een van Obama se grootste nederlae is van sy tyd as president.

Die National Security Agency (NSA), wat klaarblyklik die VSA se grootste spioenasie Agentskap is, moes ook erken dat hulle 35 wêreldleiers afgeluister het.

Dr. Angela Merkel word hoog geag, en die optrede van die Obama spioene het die ganse Europa in ’n vlaag van verwoede aanvalle op die VSA veroorsaak.