Wapen besit toegestaan aan drie

Drie van die sogenaamde “Boeremag lede”,  Adriaan van Wyk, Giel Burger en Pieter van Deventer is bevoeg verklaar om vuurwapens te besit.

Die ander beskuldigdes in die tronk is egter almal onbevoeg verklaar om ’n wapen te besit.

Die staat het aangevoer dat Boeremaglede beoog het om met eie wapens  die land se weermagbasisse in te val en weermag wapens te bekom.. 

Regter Eben Jordaan het daarop gewys dat dié drie se tronkstraf is opgeskort is aangesien hulle ’n geringe aandeel gehad het in die werksaamhede.

Dié drie mans benodig wapens vir selfverdediging, asook wanneer hulle moontlik werk kry wat behels dat wapens gebruik moet word.

Burger, was voorheen ’n beroepsoldaat, en hy meen die moontlikheid is nie uitgesluit dat hy werk kan bekom as ’n beampte by ’n veiligheidsmaatskappy.

Regter Jordaan het gesê Van Wyk werk op ’n plaas en hy kan ’n wapen benodig om te jag en plaag beheer te kan toepas. 

Die alombekende mnr. Paul Kruger, ’n prokureur wat namens Van Deventer tree, het daarop gewys dat sy kliënt wapens besit en dit  benodig want hy woon in ’n landelike omgewing en moet homself kan beskerm en verdedig.