Vrystaat premier skuldig?

Ace Magashule, premier van die Vrystaat ontken dat hy korrup is soos wat pres. Jacob Zuma se broer beweer het rakende ’n bepaalde tender.

Bewerings vlieg rond dat Ace betrokke sou wees by ’n korrupte tender in ruil vir ’n huis van R10 miljoen.

Michael Zuma sê dat hy ’n woord aan Magashule gefluister het om Khumbula Property Services te help met verkryging van ’n tender om HOP-huise te bou.

Zuma het hierdie blykbaar die bewering gemaak tydens ’n onderhoud op ’n radiostasie, maar Oupa Khoabane, woordvoerder van premier Ace ontken die aantyging.

Talle gerugte vlieg rond, waaronder dat die jonger Zuma vir dié maatskappy gewerk het en dat hy ’n huis van R10 miljoen, pleks van kontant belowe is.

In ’n ondersoek deur die Ontwikkelingsraad van die Boubedryf is Khumbula Property Services ’n boete opgelê, waarna die maatskappy weggejaag is omdat hulle glo nie die projek voltooi het nie, en weens swak bouwerk.

Die maatskappy het na wat berig word, ’n aansienlike aantal tenders losgeslaan wat deur die regering toegeken is, wat blykbaar heelwat meer as R1 miljard beloop.

Die jong Zuma is in 2012 deur die Valke vasgetrap oor beweerde tenderbedrog.

In die saak is glo onder meer geld aan hooggeplaaste polisiebeamptes geskenk deur ’n maatskappy met die naam Midway Two Group.

Foto – Ace Magashule