Vrygelate misdadigers weer gevang

Die regering se beleid om misdadigers vry te laat weens ’n tekort aan fasiliteite om almal te huisves, laat gevaarligte flikker.

Gedurende die afgelope jare is talle misdadigers vrygelaat “omdat hulle nie ernstige oortredings begaan het nie.

Daar bestaan egter nie gegewens oor hoeveel van hierdie misdadigers intussen al weer aangekeer is nie.

Maar in die afgelope drie jaar is sowat 2,700 gevangenes weer by misdaad betrokke gewees nadat hulle op parool vrygelaat is.

S’bu Ndebele, die Minister van Korrektiewe Dienste, het die gegewens bekend gemaak na aanleiding van vrae wat gerig is in die verband.

Van die 122,397 gevangenes wat sedert 2010 op parool vrygelaat is, is 2,661 weer in hegtenis geneem vir misdaad.

Die misdadigers op parool is vir verskillende oortredings gevange geneem, waaronder moord, aanranding, huisbraak, verkragting en besit van dwelms.