Vroulike spinnekop soek geskenk

Dis nie net mans wat voordeel trek om geskenke aan hulle geliefdes te gee nie.

In die kweekhuis-spinnekopwêreld is dit normaal vir die mannetjie om paring te inisieer deur vir die wyfie ‘n geskenk te bring – ‘n insekprooi toegedraai in sy.

Die spinnekop, (familie Psiauridae) is verwant aan die wolfspinnekop (Lycosidae). ‘n Nuwe studie bewys dat die mannetjie se geskenk dividende betaal.

"Die vroulike spinnekop stoor byna dubbel die hoeveelheid sperm van die manntjies wat hulle ‘n geskenk gebring het, in vergelyking met die wat te suinig was," sê prof. Trine Bilde, hoof van die Genetieka, Ekologiese en Ewolusie-eenheid van die Aarhus Universiteit se Departement van Bio-wetenskap.

Maar soos dit ook in die gewone wêreld gaan, bring talle mannetjies dikwels ‘n namaaksel net om haar te bedrieg en seker te maak dat hy nie dalk as haar ete eindig nie.