Vreemde Vliende Voorwerp

‘n "Vreemde objek" met ses sterte, wat nog nooit vantevore gesien is nie, is deur Nasa se Hubble Ruimteteleskoop in die asteroïde beld tussen die bane van Mars en Jupiter waargeneem.

Wetenskaplikes is letterlik stomgeslaan terwyl hulle sukkel om ‘n bevredigende verklaring vir hierdie vreemde voorwerp te kry, het die hoofnavorser van die Universiteit van Kalifornië, Dawid Jewitt, in ‘n NASA persvrystelling gesê.

Normaalweg word asteroïde as klein ligstippels gesien, maar hierdie vreemde voorwerp, P/2013 P5 het ses komeetagtige stofsterte wat uit hom straal.

Vreemder nog is dat die strukture van die stert dramaties in 13 dae verander het.

Die navorsingspan glo dat die asteroïd teen so ‘n vinnige spoed tol dat sy oppervlakte uitmekaar spat en dat dit episodiese uitbarstings het wat sterte vorm, wat dit soos ‘n komeet laat lyk.