Vir die huisvrou – Strogganoff

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Ons gaan voort met ons vleis-resepte.

Hierdie week deel ons ‘n heerlike Strogganhoff-resep met ons lesers. Strogganhoff is van Russiese oorsprong vanaf die 19de-eeu. Dit bevat gebraaide repies vleis en word bedien in ‘n suurroomsous. Dis populêr regoor die wêreld, en het verskeie variasies van die oorspronklike resep. Dit word gewoonlik bedien saam met  lint pasta, rys, of kapokaartappels.

 

Strogganoff:

 

Bestanddele:
1kg repies beesvleis
knypie  kerriepoeier
sout en varsgemaalde peper
3eetlepels botter
halwe koppie olie

2 groot uie,  dun opgekap
4 knoffelhuisies gepers
1 groen soetrissie, ontpit en gesny
250g knoppies sampioene, in skywe
250g Groot plat sampioene, in skywe
30 ml koekmeelblom
koppie  beesaftreksel
eetlepel  tamatiepuree
80 ml ongegeurde joghurt of vars lopende room
pietersielie

Metode:

Verhit die olie en botter in ‘n dikboom kastrol, en braai die knoffel en soteer uie totdat uie deurskynend  is.
Gooi die kerriepoeier by, roer deur.
Gooi die vleisrepies by,  braai vleis totdat goudbruin.  (Voeg nog botter by indien nodig)
Voeg dadelik die groen soetrissie en sampioene by en  braai deur. 

Prut alles saam vir 20 min.
Maak die meelblom met bietjie water aan, voeg nou alles saam by die vleis, met  aftreksel en tamatiepuree by.
Bring dit tot kookpunt, verminder dan die hitte en laat prut vir 20 minute.
Net voordat die gereg bedien word, roer joghurt /room by .
Bedien saam met lekker lint pasta, of rys, of kapok aartappels en bestrooi met pietersielie