Vir die huisvrou – Kerriekool

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Niks is so lekker soos ‘n bietjie kerriekool saam met jou kos nie.

Hierdie resep kan lekker vinnig gemaak word. Geniet dit!

 

Kerriekool

 

Bestanddele:

2 koppies gekerfde kool

20 ml kerrie

10 ml borrie

3 koppies suiker

3 koppies asyn

40 ml meelblom

15 ml sout

 

Metode:

Kook die kool en uie sag in soutwater.

Gooi al die water af.

Maak die meel aan met ‘n bietjie asyn.

Voeg die res van die bestanddele by.

Kook goed en gooi die kool en uie by.

Kook vir 1 min. Gooi in bottels.