Vir die huisvrou – Braaihoendersous

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Vir die volgende paar weke gaan ons ‘n paar vleisresepte met die lesers deel. Ons spring weg met ‘n heerlike braaihoendersous-resep. Maak die hoender eers halfpad gaar in die sous voordat jy die op die kole braai.

Dit sorg dat die hoender sappig en nie uitgedroog is nie.

Braaihoendersous:

1½ koppie asyn

1½ koppie kookolie

50 ml tamatiesous

50 ml Worcestersous

1 gekapte ui

7½ ml paprika

7½ ml tobascosous

7½ ml mostert

25 ml sout

10 ml knoffelsout

Bak die hoender vir 1 uur teen 160°C met die sous oor.

Haal hoenderstukke uit en braai oor kole.

Die sous kan lank in die yskas gebêre word in flesse om weer te gebruik.