Vir die huisvrou – Appelvorm

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Die Vryburger het hierdie week ‘n lieflike vormslaai resep – ‘n lekker afwisseling van die gewone tradisionele slaaie. Geniet hierdie slaai op ‘n warm somersdag as ‘n bykos saam met jou ander geregte.

Appelvorm:

 

Benodig:

2 Rooi appels (grof gerasper)

1 Blik “crushed” pynappel

1 ½ pakkie groenpruim (greengage) jellie

350 ml Vars room (styfgeklop)

1 k Kookwater

2 Eiers

 

Metode:

Kook die pynappel , klits die eiers en gooi by die pynappel (pasop vir skif)

Laat afkoel.

Maak jellie aan met 1 koppie kookwater. 

Laat afkoel

Meng alles.

Gooi in vorm en laat stol.