Verwoesting in Filippyne

Die sentrale deel van die Filippyne, en kusdorpies, is verwoes in een van die grootste storms wat die eiland gebied nog ooit getref het.

Branders van tot 10 meter hoog het die kusdorpies vernietig en selfs ’n stad in die sentrale gebied verwoes.

Na raming is meer as 12,000 mense dood in die verwoestende storm, bekend as die super tifoon Haiyan.

Geboue en ander strukture is weggevee en na skatting is tot 80% daarvan totaal vernietig.

Die dodetal by kusdorpies is nog nie bekend nie.

Die meeste mense is dood weens verdrinking as gevolg van die reuse branders.

Amerika het dit as ’n super-tifoon geklassifiseer.

Windspoed van tot 240 km is gemeet, maar rukwinde se spoed was tot 370 km.

Na raming is meer as ’n halfmiljoen mense ontwortel.

Intussen het die Europese Kommissie bekend gemaak dat hulle R40 miljoen beskikbaar stel vir hulp aan die gebied.