Verwaarloosde konsentrasiekamp kry aandag

Die Kroonstad konsentrasiekamp is ’n belangrike getuienis teen die Britte se verfoeilike optrede tydens die Tweede Vryheidsoorlog toe vroue en kinders op wreedaardige wyse gevange gehou is en derduisende in sulke kampe oorlede is.

Dit is die heel belangrikste rede waarom daar nou mense in die stad is wat gedurende die afgelope aantal jare hard besig is om die terrein weer op te knap.

Die gebreekte grafte het aandag gekry, en ou sandsteen grafte is weer vas gemessel met sement, en die besonderhede is weer na behandeling, duidelik leesbaar op die grafstene.

Bykans 2000 mense wat onder die oog van Brittanje gesterf het in die kamp, verdien die aandag wat nou daaraan gegee word.

Die mense van Kroonstad beplan ook om die konsentrasiekamp te omhein met ’n stewige palisade, maar daarvoor moet die fondse nog gevind word.