Verban skadelike vette

Amerika is in proses om sy reguleerder van voedsel en medisyne, bekend as “Food and Drug Administration” (FDA), opdrag te gee om die skadelike “trans vette” in voedsel uit te skakel.

Volgens FDA beteken dit dat hartaanvalle met soveel as 20,000 per jaar kan verminder, en tussen 6,000 en 7,000 sterftes kan verhoed word elke jaar.

Die FDA moet egter eers ’n plan van aksie opstel om die toepassing van beheermaatreëls te bepaal. Dit kan etlike maande duur voordat die verbod inwerking gestel word.

Dit kan ook meebring dat voedsel voorsieners ’n tyd gegun moet word om hulle huis in orde te kry.

Dié vette wat ter sprake is, word as die slegte vette beskou. en nadelig is vir menslike gebruik.

Dit kom voor in verskillende kitskosse, in springmielies, sekere pizza soorte, en selfs in gewone deeg wat gevries word.