Valke slaan toe op dwelmsmouse

Met 15 kg Kokaïen, 15 kg Tik en 21 Kg Heroïen in hulle besit, is twee dwelmsmokkelaars in Kempton Park vasgevat toe die Valke op hulle toegeslaan het.

Die dwelms, wat na raming sowat R75 miljoen beloop, is by ’n man van Tanzania en een van Nigerië gevind nadat hulle vir maande dopgehou is deur die polisie.

Die Minister van Polisie sê dié deurbraak vorm deel van die voorneme om dwelm sindikate uit te roei.

In die afgelope 2 jaar is 660 mense in hegtenis geneem weens dwelmhandel, met ’n beraamde waarde van bykans R100 miljoen.

Dit is bekend dat orgidee ryk is aan kokaïen.