Valke ondersoek Jurie Roux

Die Valke ondersoek Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), weens beweerde bedrog.

Daar word egter nie beweer dat Roux homself verryk het nie.

‘n Forensiese ondersoek deur die ouditeursfirma KPMG het ongerymdhede ontdek in transaksies tussen die Universiteit van Stellenbosch en die Matie-rugbyklub.

Die skuld van rugbyspelers wat nie hul beurse kon terug­betaal nie, is glo in verskeie gevalle afgeskryf en spelers geldelik gehelp wanneer die klasgeld vir hulle te duur geraak het.

Roux het ontken dat hy ‘n misdryf gepleeg het.