Universiteit begin met e-handboeke

In die toekoms gaan studente waarskynlik aangewys wees daarop om rekenaars te besit, wat internet gekoppel is, om die handboeke wat in e-formaat beskikbaar is, te gebruik.

Hierdie is waarskynlik die eerste stap van Die Universiteit van Johannesburg (UJ) om in die rigting te beweeg om weg te doen met gewone handboeke.

Die Universiteit het bekend gemaak dat dit nou verpligtend is vir 2014 se eerstejaars om of ’n skootrekenaar of ’n tablet in die klas te hê.

Digitale handboeke blyk nou die oplossing te wees, en kan ’n hele aantal sake vergemaklik. Slegs ’n skootrekenaar is nodig in plek van die huidige situasie waar tientalle handboeke altyd gebruik is en wat ten duurste aangekoop word.

’n Woordvoerder van die Universiteit sê dat 30% van die handboeke in die biblioteek in dié formaat beskikbaar sal wees, wat mettertyd verder uitgebrei sal word.

Die Universiteit se direkteur van akademiese tegnologie, Prof. Alan Amory sê op die wyse word daar weggedoen van die tradisionele klaskamer, want studiegidse gaan in digitale formaat wees.

Behalwe dat dit drukkoste en papier gaan spaar, is dit veel meer handig om te gebruik, het hy gesê.

Die Universiteit sê dat die “armste studente” hul tablet gratis sal ontvang.

Foto – Prof. Alan Amory