Twee fietsryers omgery

Toe drie bergfietsryers in Bloemfontein onderweg was, het hulle nie geweet ’n Isuzu bakkie gaan twee van hulle omry en daarna wegjaag nie.

Mnr. Johan Griessel (41),  het sy regterbeen in die proses gebreek en sy bergfiets is ’n totale wrak.

Dale de Kiewit (44) was gelukkig genoeg om sonder letsel uit die ongeluk te ontkom, alhoewel sy 12 jarige seun deur die lug getrek het en hard met moeder aarde kennis gemaak het en ’n paar merke opgedoen het.

Die drie fietse was in enkel gelid toe hulle getref is.

’n Polisiewoordvoerder het later bevestig dat die verdagte in hegtenis geneem.

Die voorval is nou die soveelste gedurende die afgelope jaar, en waarnemers meen dat kan in vele gevalle gesien word as pogings tot moord.