TV’s spoeieneer

ʼn IT raadgewer in Brittanje, Jason Huntley, het vasgestel dat een van die grootste elektroniese maatskappye in die wêreld, die Suid-Koreaanse LG Electronics groep, se TV-stelle sekere inligting van kykers na hulle maatskappy deursein.

LG het erken dat inligting van TV-gebruikers se kanale, waarna hulle kyk, na die LG groep toe gesein word en dat dit selfs gebeur al het kykers die funksie afgeskakel. Hulle het onderneem om die “luistervink” (“bug”) te verwyder.

Die nog groter Koreaanse elektroniese groep, Samsung, het die geleentheid gebruik om TV-kykers te verseker dat hulle TV-stelle nie ‘n “luistervink” het wat intap op kykers se tuisinligting nie.