Toekenning ontvang vir toewyding

Mnr. Andrew Desmet, ’n veldwagter, moes vir ure hulpeloos in die veld lê nadat hy vier skote in die rug geskiet is, en homself met adrenalien moes inspuit om wakker te bly tot hulp opdaag.

As afdeling-veldwagter van Letaba in die Krugerwildtuin, het hy vir die nare ervaring waarteen hy moes stry, twee eerbewyse ontvang wat die afgelope naweek aan hom oorhandig is op SANParke se prysuitdeling.

Desmet het die toekennings ontvang vir sy onbaatsugtige diens in die stryd teen renosterhoring stropery.

Demet is geskiet deur iemand wat blykbaar veronderstel is om aan sy kant te help stry teen die stropery.

Hy kon egter op navraag niks meer bekend maak nie omdat die aangeleentheid nog ondersoek word.

Na die voorval, is hy onderwerp aan ’n operasie wat ses uur lank geduur het, en moes vir 5 weke in die hoë-sorg afdeling van die hospitaal deurbring.

Foto – . Andrew Desmet