Toe skyn die son "onverwags"

As ’n Noorse dorpie, wat daaraan gewoond is om vir ses maande van die jaar geen son te sien nie, ewe skielik die son sien skyn deur middel van drie reuse spieëls, dan is daar rede vir ’n opwindende samesyn van inwoners.

Die temperatuur was maar 7°C, maar die wonderlike is dat die sentrale deel van die dorp met spieëls toegerus is wat die son laat “skyn” het.

Op Rjukan se dorpsplein het meer as ’n 1,000 mense die gebeurtenis meegemaak, almal toegerus met sonbrille en warm klere.

“Dit is ’n gekke plan, maar ’n bietjie gekheid is soms ook pret,” sê Oystein Haugan, die projekleier van die aksie wat meer as R8 miljoen gekos het.

Die reuse spieëls wat gekoppel is aan ’n rekenaarprogram, volg die son se verskuiwing om die sonstrale op te vang en te weerkaats na die dorpsplein.

Rjukan is ’n nywerheidsdorpie met sowat 3,600 inwoners en is ongeveer 180 kom wes van Oslo.

Die drie spieëls wat tegnologies baie goed ontwerp is, weerkaats sonstrale om 80% van die oorspronklike ligsterkte te bied.

Die bedoeling is om die verligte oppervlakte, wat ongeveer 600 vk meter beslaan, op die plein te gooi sodat inwoners dit as “ontmoetingspunt” kan geniet, en dit dien ook as ’n toeriste aantreklikheid.

Die dorpie se donkerte word veroorsaak deur die1,900 m. hoë berg, Guastatoppen,

In die dorp sak die son op 4 Oktober agter die berg en word dan nie weer gesien voor die 12 de Maart van die volgende jaar nie.

Die hele gedagte om die dorp met sonskyn te verlig, is reeds in die jaar 1913 voorgestel deur ’n inwoner, Oscar Kittilsen.

Die spieëls is opgerig ter herdenking aan die man se voorstel, presies ’n eeu gelede.