Toe reën dit rekenaars.

Bennie Hoorn, hoof van die Laerskool Carnarvon, sê as die wind waai, dan reën dit, maar hierdie keer het die wind gewaai en toe reën dit rekenaars.

Tydens ‘n sogenaamde "Afrikaanse" imbizo in die dorpie het hy sowat 4,000 gemeenskapslede gevra om kalm te bly toe ‘n Karoo stofstorm oor die dorpie gekom het. Die geleentheid was tydens die Square Kilometre Array-projek (SKA), wat saam met die Departement van Wetenskap en Tegnologie asook plaaslike en provinsiale leiers in ’n reuse-tent op die skoolterrein byeengekom het.

Die goeie nuus na die stofstorm is dat die SKA en Departement het, nadat hulle verskeie private instansies genader het, byna 400 rekenaars aan skole in die dorp en in die omgewing oorhandig, asook aan die biblioteek.

Altesaam 350 ClassMate-skootrekenaars, saam met etlike sagteware-programme en selfs mikroskope wat inligting digitaal kan deel, is by die hoër- en laerskool, asook by die Middelbare Skool Nico Bekker en die Middelbare Skool Vanwyksvlei, in gebruik geneem.

’n Verdere 36 van die rekenaars is by die biblioteek beskikbaar.

’n Nuwe elektroniese leersentrum met 19 persoonlike rekenaars, waar drie voltydse werknemers kursusse aan mense by die biblioteek sal aanbied, is ook geopen.

Maar van die mense by die imbizo het gekla en gesê hulle wil liewer huise hê.