TLU SA sluit suksesvolle Fondsinsameling

Met die groot suksesvolle fondsinsamelingsprojek van TLU SA, het die bekende wapenhandelaar, Savuti Vuurwapens, hul bydrae gemaak deur  ʼn pragtige geweer te skenk ten behoewe van die Regsfonds, en ook die Traumafonds van TLU SA.   

TLU SA se bestuur het die geweer uitgeloot deur kaartjies te verkoop teen R50 elk, en daarna is trekking gehou om die geweer se wenner te bepaal.

Die veldtog is geloods by Nampo se oesdag en het onlangs afgesluit.

Tydens ʼn media-funksie van TLU SA, is die geweer aan die wenner oorhandig deur ʼn verteenwoordiger van Savuti Vuurwapens.

Volgens ʼn woordvoerder van TLU SA, mnr. Henk van de Graaf, is honderde inskrywings ontvang van goedgesinde mense, wat nie werklik belang gestel het om die geweer te wen nie, maar wel om die betrokke saak te ondersteun.

Mnr. Hennie (HS) de Jager, (links op die foto) wat ook ʼn lid van die SA Jagtersvereniging is, was die gelukkige man wat die CZ550 De Lux Jaggeweer met ʼn 375-kaliber, gewen het.