Terroriste vermoor man wreedaardig

Mnr. Dolf Botha (65) en sy vrou het geslaap toe drie swart terroriste hulle oorval het in hul huis in Witbank, Oos-Transvaal.

Mnr. Botha is blykbaar 21 keer met ’n mes gesteek terwyl die ander terroriste sy vrou verplig het om te kyk hoe hulle hom vermoor.

Botha besit Golden Hands, ’n maatskappy wat wagdienste lewer.

Die terroriste wou ook mev. Botha se polse sny omdat sy nie die verlangde inligting wou gee nie.

Uiteindelik is hulle weg in ’n rooi Volkswagen Caddy, met sowat R3,000 kontant en twee selfone.

Mnr. Botha wat sy een been verloor het, was vir ’n aantal maande reeds rolstoel gebonde.

Vooraf beplanning is gedoen deur die terroriste. Die heining is op een plek beskadig, en die honde was ’n dag of drie voor die tyd reeds vergiftig.