Terroriste oorval twee boere

Mev. Lettie Nel (86) van die plaas Klipdrift by Ottosdal in Wes-Transvaal is wreed aangeval deur terroriste wat haar met ’n pistool, en met die vuis, in die gesig geslaan het.

Sy is later in die gesig geskop terwyl sy op die vloer vasgebind gelê het.

Dit het gebeur toe sy die deur oopgemaak het vir die plaaswerkers vir wie sy bevele wou gee.

Sy is later vasgebind nadat sy al die geld wat in die huis was, vir hulle gegee het. Dit was glo net ’n paar honderd Rand.

Sy het daarin geslaag om te ontsnap en het in die stal weggekruip waar haar seun haar later gevind het.

’n Plaaswerker het gaan hulp soek op die buurplaas waar mnr. Johan Nel, haar seun woon.

Haar juwele, wapens en bakkie is gesteel, maar die voertuig is later in Ottosdal opgespoor.

In ’n ander geval is mnr. Hannes de Jager (50), ’n boer van Doornhoek, naby Schweizer-Reneke oorval.

Hy is met ’n handwapen geslaan en gedreig dat hulle hom sal skiet. Hulle het hom later met kookwater gebrand.

Drie van die vier terroriste het blykbaar polisie uniforms gedra, en hulle het sowat R600,000 se ontginde diamante, sy wapens en die bakkie gevat.

Die bakkie is later sowat 20 km van die plaas af, verlate gevind.