Tegnologie belemmer slaap

Dit blyk dat die nuwe tegnologie ’n nadelige invloed om die mens se slaapgewoontes uitoefen volgens studie wat in die VSA gedoen is.

Mense in die ouderdom tussen 18 en 75 is glo in die navorsing genader, waarin bevind is dat mense wat kort voor bed toe gaan tyd met SMS’e en iPods besig is, se tresvlakke verhoog en derhalwe ’n invloed het op die slaap patroon.

Sekere navorsers beweer ook dat selfone ’n nadelige uitwerking het op die gehoor van mense en dit bevorder doofheid.

Daar is ook navorsers wat meen dat die gebruik van die nuwe hoë tegnologie produkte, die biologiese orde van mense versteur.

Die gedurige gebruik van die “vinnige kommunikasie” produkte veroorsaak glo dat mense nie geleentheid kry om rustig te raak nie, en dit versteur die hele sisteem wat tot allerlei newe effekte kan lei.