Taxi bedryf gee Nissan ‘n naam

Nissan SA het die ongewone stap geneem om die Suid-Afrikaanse taxi bedryf te vra om ’n naam te gee vir die nuwe Nissan 16 plek minibus, wat gedurende 2014 bekend gestel word in die land.

Nissan het ’n kompetisie uitgeskryf waarin Nissan se nuwe NV350, van ’n naam voorsien moet word wat blykbaar aanklank sal vind by taxi eienaars.

Die NV350 word in Japan vervaardig en sal net ’n 2,5-liter petrol model aanbied.