Swart rys .. ken ons dit in Suid-Afrika?

Swart rys staan ook bekend as pers rys of “forbidden rice”. Dit is ’n tipe rys wat baie gluten bevat en is daarom baie lymerig. Daar is natuurlik ook variëteite van swart rys maar is nie beperk tot die Indonesiese swart rys of die Thai jasmyn swart rys nie.

Volgens bronne bevat ’n eetlepel gaar swart rys meer vesel en anti-oksidante (sandsteen) as ’n eetlepel bloubessies. Hierdie rys, met al die bestanddele wat dit bevat, is goed vir die lewer, hart en ander westerse siektes en kwale.

Swart rys se voedingswaarde bevat 18 aminosure, yster, sink, karoteen en sommer ’n klomp vitamiene. Hierdie graan bevat dieselfde hoeveelheid vesel as bruin rys en het ook dieselfde neutagtige  smaak.

Swart rys is regtig swart en wanneer dit gekook word, verkleur dit na donker pers. Die pers kleur word veroorsaak deur die hoeveelheid saadsteen wat dit bevat. Pap, nagereg en allerhande roerbraai geregte kan ook van die swart rys gemaak word. Die Chinese maak dan ook ryskoekies en noedels van swart rys.

Dr. Zhimin Xu het navorsing gedoen en beskou swart rys as ’n uitstaande gehalte voedselbron teenoor bloubessies wat ’n duur produk is. En swart rys bevat ook min suiker en baie vesel en vitamien E. Die Thaise jasmyn rys is nie so algemeen bekend as die wit en bruin jasmyn rys nie. Dit gee natuurlik wonderlike kleur aan geregte.

Die swart en wit aromatiese rys (Chakhao amubi en Chakhao poireiton en Chakhao angouba) van Manipur is baie belangrik in daardie mense se diëte en dit is baie lymerig en klewerig vir hulle tipe geregte. “Chak” beteken rys en “ahaoba” beteken heerlik, daarom word daar in daardie lande van “Chakhao” (heerlike rys) bepraat.

Dit word daar as standaard geregte in die hotelle voorgesit.

Die plant van die swart rys vertoon amper soos ons koring op die lande, maar die plante is groter en het lang dun sagte blare en dra ook hierdie pers are. Wanner dit geoes word is die korrels natuurlik swart.

Dit word baie naby aanmekaar gesaai, net soos ons koring. Indien u al van hierdie rys teëgekom het, sal dit nogal gaaf wees as u ons meer kan vertel van die produk en waar u dit raakgeloop het.

Geniet u tuin tot volgende keer.