Stortingsterrein word kragopwekker

Die munisipaliteit van Johannesburg wil binnekort begin om metaangas by sy verskillende stortingsterreine op te vang om elektrisiteit op te wek.

Die eerste opnames wat gedoen is, dui daarop dat sowat 1500 MW opgewek kan word.

Dit kan duisende woonhuise van krag voorsien, aangesien dit bereken word dat 18MW aan 10,000 huise voldoende  krag kan lewer..

Die krag sal direk aan Eskom beskikbaar gestel word om in die netwerk te versprei.

Johannesburg het R210 miljoen belê in die krag-projek.