Staatsaanklaer kry erkenning

Adv. Charles Lloyd, ’n staatsaanklaer in Ermelo is deur die Groen Skerpioene van Departement Omgewingsake geprys vir sy werk om steenkoolmyne te vervolg wat in sensitiewe gebiede van Oos-Transvaal besig is met mynbedrywighede.

’n Paneel van beoordelaars uit Groen Skerpioene het daarop gewys dat Lloyd se vervolgings van besondere aard is en nog nooit in die land gedoen is op die wyse wat hy dit tot hede hanteer het nie.

Lloyd se gevalle wat vervolg is, het almal ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en ’n boodskap is hiermee aan ander myngroepe gestuur om binne die landswette op te tree.

Hy het gemiddeld een mynhuis elke ses maande suksesvol vasgevat.

Foto – Charles Lloyd