Spuitkannetjies ontplof in hitte

Moenie ’n spuitkannetjie wat as noodhulp gebruik word om pap bande te pomp, of enige ander soortgelyke spuitmiddels in jou motor hou as jy lank in die son gaan parkeer nie.

’n Dame van Pretoria, mev. Ester Halliday, moes op hierdie wyse ’n les leer wat sy nie gou sal vergeet nie.

Sy het ’n spuitkannetjie, wat saam met ander items deel uitmaak van ’n noodtassie wat deur die motorhandelaar aan voertuig kopers geskenk word, in haar motor se kattebak gehou.

Die noodtassie, met die spuitkannetjie, is handig om, wanneer sy moontlik ’n pap band kry, om die spuitkannetjie te gebruik tot sy by die naaste dienspunt geholpe kan raak..

Groot was haar ontnugtering toe sy net ’n verskriklike slag gehoor het, en toe sy die kattebak oopmaak, waar die maand se kruideniersware en ander inkopies was, het sy tot haar verbasing net chaos gesien van hoe die meeste goed beskadig is.

Gelukkig was die meeste kruideniersware reeds in die huis. Hulle het rustig hul tee geniet toe die ontploffing gehoor is.

By nadere ondersoek is gevind dat die spuitkannetjie die skuldenaar was, want die motor het in die bloedige son gestaan, en dit het die ontploffing veroorsaak.

’n Woordvoerder en kenner van plofstof sê dit is uiters gevaarlik om produkte wat onder hoë druk in spuitkanne verpak is, aan die erge hitte bloot te stel.

So ’n voorval kan ernstige gevolge vir mense inhou wat dalk naby is wanneer dit ontplof, het hy gesê.