Spoor van bloed gelaat

Die 14 jarige Steenkamp-dogter wat vermoor is, saam met haar ouers op die plaas in die Griekwastad distrik, het volgens getuienis in die hof, ’n spoor van bloed gelaat vanaf die kombuis tot waar sy kon vorder om by ’n foon te kom.

Voorheen is getuig dat sy vier keer geskiet is.

Die aanklaer, Hannes Cloete het aan die hof gesê dat die dag moeilik en onplesierig in die hof sal wees omdat die foto’s wat vertoon sal word, sowel as van die lykskouing se verslae, mense kan ontstel.

Die saak duur voort.