Spanje klop resessie!

Daar heers vreugde in die EU en in die besonder in Spanje omdat die land uiteindelik amptelik uit sy ekonomiese resessie toestand gekom het.

Volgens Spanje se departement van statistiek het die land ‘n groei van 0,1% vir die eerste keer in nege kwartale getoon.  

Die land se moeilike tye is nog glad nie verby nie en die werkloosheid van 26% is van die hoogste in die EU.

Kenners meen dat dit nog jare sal neem om ekonomies te herstel. Die positiewe ekonomiese groei, alhoewel gering, skep minstens hoop vir die toekoms in ‘n land waar daar groot ekonomiese offers gebring moes word.