Sonvlekgetal hoog vir Oktober

Die amptelike gemiddelde daaglikse sonvlekgetal vir Oktober is nog nie beskikbaar nie, maar geoordeel aan die beskikbare daaglikse data, sal dit in die omgewing van 85.6 wees.

Dit sal meer as dubbel die getal van 36.9 vir September wees en is die derde hoogste in ‘n 24 maand siklus. Die hoogste was 88.0 en 96.7 in Oktober en November 2011.

Sommige spekuleer dat dit te wyte is aan Komeet Ison se nabyheid aan die son. Op die oomblik kan almal net wag en kyk wat gebeur as die komeet op 28 November verby die son beweeg.