Sonkragstelsel is byna gereed

Die Sonkraginstelasie van bykans 170,000 panele by Droogfontein se sonkrag aanleg naby Kimberley is voltooi na sowat vyf maande se werk.

Die projekbestuurder van Droogfontein, sê die aanleg is van hoë gehalte, en kan sekerlik met internasionale standaarde vergelyk word.

Hy sê die operateurs sal nou volstoom werk om te verseker dat die projek effektief gaan funksioneer.

Die groot taak is nou om die panele met baie kabels te verbind aan die substasie, om met Eskom se netwerk te koppel.

Die woordvoerder meen die projek sal voltooi wees voordat die aanleg operasioneel word in April 2014.

Die aanleg sal 50 MW elektrisiteit lewer wat genoeg krag voorsien om sowat 25,000 wooneenhede te bedien.