Sonkrag vir Noord-Kapenaars

As alles volgens plan verloop, gaan baie honderde krag verbruikers in die Kimberley gebied vanaf 20 Desember vanjaar met sonkrag hulle huise se toerusting laat funksioneer.

Na verwagting gaan sowat 5,500 huishoudings hulle krag vanaf die Droogfontein Sonkrag-aanleg kry. Die sonpanele se krag word in die Eskom netwerk opgeneem, en sowat 14 MW se krag sal “ingevoer” word vanaf die panele.

Die aanleg is die eerste van drie wat opgerig is om die tekort aan krag wat nie deur Eskom voorsien kan word nie, aan te vul.

Aan die begin van Mei 2014 sal die aanleg in volle produksie wees