Ace Magashule, premier van die Vrystaat, sê dat "om kwaad te wees vir die ANC is soos om kwaad te wees vir God."
Hy het hierdie lasterlike woorde kwytgeraak tydens die bekendstelling van die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders in Waaihoek, stigtersplek van die ANC, buite Bloemfontein.
Hy het ook na die ANC as “die kinders van
Hierdie uitlating volg kort op die hakke van Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, se onlangse vergelyking tussen die drieparty-alliansie en die Drie-eenheid.
Mantashe het ook ’n vergelyking getref tussen die 12 presidente van die ANC en Jesus se 12 dissipels, en tussen Moses en oudpres. Nelson Mandela.
Pres. Jacob Zuma het ook die gewoonte om kwasi-godsdienstige uitlatings te maak. Hy het bv. in 2011 gesê dat "wanneer jy nie vir die ANC stem nie, moet jy weet jy kies die man wat die vurk dra. As jy ’n ANC-lidmaatskapkaart het, is jy geseënd.
Of erger: “Wanneer (Jesus) ons kom haal, sal hulle swart, groen en goud dra: die heilige een behoort aan die ANC.” Hy het ook gesê dat of hulle daarvan hou of nie, God het ’n verbintenis gemaak tussen die regering en die kerk.”
Waarnemers sê dit is vreemd dat sedert die toordokters soveel geslagte diere se bloed in die sportstadions gesprinkel het en oerdanse gedoen het sodat SA tydens die wêreldbeker moes wen, en dit toe nie gebeur het nie, hulle skielik so "Christelik" geword het.
Magashule het gesê van die jonger partye soos die EFF het liedjies gesing soos: “Ek sal vir pres. Jacob Zuma mense doodmaak”, maar nou sing hulle ’n heel ander deuntjie omdat hulle kwaad is.
“Ons is die kinders van Israel. Ons moenie vergeet waarvandaan ons kom nie,” het hy gesê in ’n klaarblyklike verwysing na die ANC wat lank verbied is en waarvan die lede uitgewekenes was.
Foto – Ace Magashule
Die antieke Grieke het dit hubris genoem, vermetelheid en arrogansie teenoor die gode. Hulle het ook gesê dat die gode die wie hulle wil vernietig eers trots maak. Hier sien ons die hubris en die trots. Ek verwag dat hulle hulself binnekort in die plek van God en Sy Verlosser sal stel. Die gevaar van dit wat hulle sê is dat hulle dit later self begin glo, dan is alle weerstand teen hulle “sonde” en dan is dit ‘n kort sprongetjie na iets teen hierdie “sonde” doen. Hierdie uitlatings dui vir my op ‘n ernstige gevaar, maar ons God, die ware God van Abraham, Isak en Jakob, sal op Sy tyd met hierdie mense afreken.
Ja Jaco, ek onthou op skool (nou reeds 40 jaar gelede) het ons wiskunde onderwyseres (wat ook die CSV gelei het) vir ons geleer dat die Satan ‘n leuen verkondig wat net ‘n halwe graad afwyk van die waarheid (sodat dit vir die meerderheid klink na die waarheid). Soos tyd egter verloop, raak die afstand tussen die regte waarheid en hierdie waarklinkende valsheid (soos wat hierdie Gamiete verkondig) twee lyne wat wyer uitmekaar wyk. Erens vorentoe is die afwyking so groot dat die vals lyn 180 grade omgeswaai het en perfek stroomop wys. Maar selfs vir hulle is die Genade beskikbaar. As dit in die Raadsplan is sal die Gees hulle omkeer, maar ons moet onthou dat die redding nie vir almal beskore is van meet af nie. Ek loop saam met jou as jy praat van die Magtige (El) van Abraham, Isak en Jakob wat hierdie dinge op Sy tyd gaan regstel.