Slim elektrisiteitsmeters

City Power, wat Johannesburg se kragvoorsiening bestuur, begin binnekort tussen 10,000 en 12,000 slim elektrisiteitsmeters by onder meer huishoudings installeer.

Luidens ’n verklaring  is 153 van die meters die afgelope agt maande in Ferndale, Randburg, getoets en nog 2 500 by groot gebruikers.

Met die meters kan City Power deurlopend die presiese elektrisiteitsverbruik van ’n huishouding monitor.

Gebruikers kan ook self hul verbruik monitor.

Voorstede wat eerste aan die beurt kom, sluit in Berario, Brixton, Fairland, Glenvista, Linden, Parkhurst, Rooseveltpark en Sandringham.