Slawerny in Brittanje

’n Egpaar is in Londen deur die polisie in hegtenis geneem nadat inligting hulle bereik het dat die egpaar drie mense as slawe aangehou is.

Die egpaar het die drie mense reeds sowat 30 jaar aangehou en was bedoel om slawe te wees wat die werk in en om die huis moes verrig.

Die organisasie “Freedom Charity” stel hom ten doel om slawerny in Brittanje uit te roei en hou ook ’n wakende oog oor gedwonge huwelike, en ander ongerymdhede wat kan lei tot ’n vorm van slawerny.

’n Vrou het “Freedom Charity” gebel nadat sy ’n TV-program gesien het waarin die organisasie se werksaamhede uiteen gesit is. Die organisasie het, in samewerking met dié polisie, die huis besoek en uiteindelik die egpaar in hegtenis geneem.

Die drie slawe, ’n 69-jarige Malawiër, ’n Ierse vrou (57) en ’n gebore Brit (31), is uit die slawerny vrygelaat nadat die egpaar in hegtenis geneem is.

Bewering vlieg rond dat daar meer as 5000 mense as slawe aangehou word in Brittanje.