Slaggat veroorsaak eis

Die 25 jarige Marin Engelbrecht van Lydenburg moet vergoed word deur die regering vir haar skade nadat sy met ’n ambulans, oppad na ’n ongeluk, deur ’n slaggat gery het, en self skade opgedoen het.

Die Hooggeregshof in Pretoria het die beslissing gemaak en bepaal dat 40% van die skade wat sy opgedoen het, betaal moet word deur die regering.

Die Oos-Transvaalse premier, en die provinsie se LUR vir Openbare Werke en Vervoer, is aanspreeklik gehou en moet ook die regskoste betaal.

Marin het net buite Lydenburg deur ’n slaggat gery, en die ambulans het gerol.

Sy is met ’n ander ambulans hospitaal toe vervoer.

“Dit word van my vereis om pasiënte in die ambulans te laai, wat ek nie meer kan doen met die beserings wat opgedoen is, en ek kan nie my werk soos voor die ongeluk doen nie, “ het sy verklaar.

Die totale eisbedrag sal nog bepaal word.