Skurke skiet man voor Bank

Mnr. Ernest Welgemoed (45) is deur boewe voor Standard Bank in Nelson Mandelarylaan geskiet en besteel terwyl hy geld wou gaan bank.

Hy doen gewoonlik die aflewerings van Parkweg-slaghuis, en was oppad om geld te gaan bank toe die swarte hom geskiet en beroof het.

Hy kon dood gewees het as die tweede skoot, wat ook vir hom bedoel was, afgegaan het. Die tweede was vir sy kop bedoel.

Mnr. Welgemoed is stabiel in die trauma-eenheid van die Pelonomi-hospitaal.

Die skurk het met al die geld gevlug en die polisie ondersoek die saak.