Skole is misdadigers se teiken

In Verwoerdburg is ’n sestienjarige seun net buite die skool se grensheining deur drie swartes voorgekeer, en met ’n pistool aangehou is, vlak nadat hy uit die eksamenklas gekom het en op pad was huis toe.

Die een swarte het die wapen, wat met ’n tydskrif bedek was, teen sy lyf gedruk en hom beveel om sy selfoon en beurs te oorhandig.

Hy het hulle meegedeel dat hy niks waardevols besit nie, het hulle hom behoorlik deursoek en daarna laat gaan.

Etlike maande gelede het soortgelyke gevalle voorgekom by skole aan die Oos-Rand, en in Pretoria.

In Tzaneen was leerlinge onkant gevang in die eksamenklas toe lede van die polisie ingestorm het en drie leerlinge in hegtenis wou neem. Die voorval het gevolg nadat seuns baklei het, en een sy ouers geskakel het om te sê hy word aangerand.

Die polisielede, blykbaar nie minder as ses van hulle nie, het nie die hoof genader alvorens hulle toegeslaan het op die leerlinge nie.

Toe die adjunkhoof van die skool vir een van die polisie vra wat hulle by die skool doen, was sy byna aangerand deur die polisiebeampte maar is gelukkig net betyds deur ’n kollega te hulp gesnel.

Kenners het aan Die Vryburger gesê die onprofessionele optrede van polisiebeamptes is een van die hoofredes waarom daar ’n algemene gevoel van weerstand en wantroue bestaan teenoor die polisie.

Uiteindelik kon die onderwysers daarin slaag om die eksamen lokaal te sluit sodat die leerlinge hul vraestel kon afhandel.

’n Klag is gelê teen die polisie se optrede, en ’n ondersoek na die voorval word gedoen.