Skok! Regsberoep nog nie getransformeer nie

Hoe is dit moontlik dat ‘n regsfirma met meer as 150 vennote, slegs 17.5% swart eienaarskap het? 

Só het John Jeffery, adjunk-minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, die naweek op die 121ste algemene jaarvergadering van die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies by Sun City aan ’n paar honderd prokureurs gevra.

Hy sê die regsberoep het die afgelope twee dekades steeds nie omvorm om die land se demografie te weerspieël nie. Slegs 9 van die land se 473 senior advokate (SC’s) is nie-wit vroue, van wie net vier swart is. Slegs 20 wit vroue het SC-status.

Sy departement het vasgestel dat een van die sogenaamde “groot vyf” regsfirmas in die land, 123 vennote het, van wie net 17swart is.

’n Ander “groot vyf”-firma sê op dié se webtuiste hy is ’n gelyke-geleentheid-werkgewer en dat sowat 42% van sy regspersoneel en 60% van sy sakedienste-personeel mense van kleur is, maar slegs sowat 17,5% van dié professionele vennootskap word deur voorheen benadeeldes besit.

Hoewel die meeste LLB-studente swart is, is dit steeds die wit gegradueerdes wat die internskap-werkgeleenthede kry, sê Jeffery.

Hy wil sy kollegas van sy eie velkleur (wit) en geslag toespreek wat dalk moeg is vir die klagtes oor die oorverteenwoordiging van wit mans en dat hulle “nie meer ’n plek hier het nie”.

Sinvolle transformasie moet meer as ’n syferspel behels. Dis mentorskap, sinvolle oordrag van vaardighede en blootstelling

Regterpresident Dunstan Mlambo van die Noord- en Suid-Gautengse hooggeregshowe het gesê prokureurs het die mag om dinge in die regte rigting te stuur.

Jan Fiskaal sê miskien is die rede hiervoor bloot die feit dat die prokureurs dalk goeie diens aan kliënte wil verskaf. Dit mag hulle dalk net meer kos om "kontrakteurs" aan te stel om al die foute wat die getransformeerdes veroorsaak het, uit te sorteer.